JAARVEGADERING BREDASDORP 
Saterdag 16 Julie was die jaarlikse vergadering waar finansiële state beskikbaar gemaak is, agenda punte en insette van lede bespreek is en gewoonlik ook komitee lede gekies word. Omdat daar laas jaar besluit was die komitee moet vir 2 jaar dien was daar nie beplan vir 'n verkiesing nie. Daar was lede wat dit nie verstaan het nie, en die vorige jaar se besluit nie wou respekteer nie en het aangedring op 'n verkiesing. As ek hoor en sien wat die huidige bestuur, dis nou Derick en die mense wat baie na met hom werk doen wonder ek of daar tans iemand is wat sy voetspore kan volstaan. As mens kyk hoe vaar Bdorp tans onder die ovaalbaan klubs wonder mens ook of 'n ander span die pyp sal kan rook. Een groot voordeel is dat Derick bereid is om die werk te wil doen en sit alles wat hy kan daarin. 

Daar is toe inderhaas briefies gemaak en gestem. Die huidige komitee uitsluitend die klas kapteine is toe verkies met een groot verandering naamlik dat Bernard du Toit as Race-Director aangestel is en Johan Alberts meer betrokke gaan wees as Visie-Voorsitter. Die RD gaan nou saamwerk met die COC en Scruiteneers, dws reëls en baaninsidente. Daar is beloof deelnemers met illegal karre vasgevat gaan word. Die reëls is bespreek maar die komitee wil nog steeds die Klas Kapteine in plek hê en kyk of dit nie gemaak kan word om te werk nie. 

Een probleem was dat baie van die vorige KKs (!) wat gekies was op vêr plekke gewoon het en die komitee wil hê die drywers moet nuwe KlasKs kies wat in Bdorp omgewing bly. Daar was bietjie van 'n debat of die KlasKs vanuit of van buite die klas gekies moet word. Lyk my baie lede het nie verstaan hoekom daar KlasKs is nie en het gevoel die hoof rede gaan oor reëls. Hulle voel die besluite oor reëls deur die klas groep gaan veroorsaak dat die KK homself gaan bevoordeel. My gevoel is dat die 

vrees maklik bestuur kan word maar dat daar groter redes in belang van die voortbestaan van die sport is om klas kapteins uit elke klas self te kies. Ek dink dit gaan baie moeiliker wees vir iemand buite die klas om te weet wat in elke klas aangaan en hoe die ouens werklik daar voel. Die ouens wat die doel van KKs nie mooi verstaan het nie, moet sy verantwoordelikhede nie verwar met die pligte van die komitee, scruiteneers en cocs nie - verantwoordelikhede moet nie gedupliseer word nie. 

Ek voel die hoofdoel van klaskapteins is om as verteenwoordiger (ook op vergaderings) van lede van die klas op te tree, die klas te bevorder en op te bou, nuwe deelnemers in te trek en te help om te begin en ander lede in die klas te help. Die KK moet as gasheer vir besoekende deelnemers optree, hulle laat tuisvoel en vir hulle help om struikelblokke te oorkom. Die lede van 'n klas onder aanvoering van die KK moet besluit oor die reëls van die klas met 'n meerderheids stem. Die reëls word egter finaal goedgekeur deur die die komitee. Die komitee wil graag hê die kaptein en sy klas moet help borge werf. Dit is baie belangrik dat die KK moet sorg dat daar goeie sportmangees gaan heers en dat daar eerder vriendskap as vyandigheid moet heers. Die argument dat daar vyandskap moet wees omdat deelnemers teen mekaar ry "wash" regtig nie vir my nie, daar is baie sporte waar deelnemers teen mekaar speel as vriende. Die sport kan op die oomblik nie bekostig om meer vyande te maak of vyandskap te bevorder nie. Die mense wat net as vyandige opponente kan operate, net negatiwiteit generate, breek, sleg sê, beswadder, verneder, laster, moet anders oortuig word. Die tradisie(?) van die sport moet verander om dit 'n meer aantreklike sport te maak.