NUUS‎ > ‎

9 November

posted Dec 19, 2011 10:51 AM by Okkie van Breda
BREDASDORP MOTORKLUB 2011-12

Welkom aan almal wat die 3de wedren van die seisoen gaan bywoon.
Ek bedank ook graag ons Borge van die seisoen.

V8 – MISS A RACING RAISINS

6 SILINDERS – GOODWOOD USED MOTOR SPARES,

2.1 – WILLEM DE KOCK MOTORS,

1660 – QUANTUM COACHWORKS, HERMANUS,

FWD - PRICE CLUB,

RWD – SP DIESELTECH – PAARL.

Soos u seker al verneem het, gaan ons Desember Wedrenne wat geborg word deurBREDASDORP MIDAS op 17 Desember 2011 een van die hoogte punte wees vir die seisoen. Ons beplan om 30 Banger karre hier te kry vir daardie dag. Daar gaan ongeveer 20 karre van ander lande soos ENGELAND, AUSTRALIE, NEW ZEELAND EN ZIMBABWE hier by ons wees vir die BANGER WORLD CUP 2011. Die Bangers word geborg deurGOODWOOD USED MOTOR SPARES, en gaan net in Bredasdorp plaasvind. Vir die mense wat nog nie weet wat Bangers is nie, daar gaan gestamp en gestoot word om voor te kom. In die ou dae het hulle dit stampkarre genoem. Sorg dat julle vroeg al hier is om plek te kry om te sit, aangesien ons baie toeskouers verwag. Die hekke open reeds om 08H00 en wedrenne begin om 15H00. Daar gaan ook verskeie kosstalletjies wees. Ons sien uit daarna om u hier te sien.

Mag almal vandag se wedrenne geniet en ry veilig huis toe.

Derick Taljaard
VOORSITTER BREDASDORP MOTORKLUB