NUUS‎ > ‎

24 Januarie 2012

posted Jan 24, 2012 7:30 AM by Okkie van Breda   [ updated Feb 1, 2012 1:47 PM ]
Bredasdorp  Motorklub bied weer Saterdag 28 Januarie 2012 wedrenne aan by die P&B Kalkbaan.

Die gewilde Eddie Rasta met sy “Big 6” en Kosie Weyers met sy Nissan gaan weer vir ons bietjie kom “Drift” soos net hulle kan.

Ons verwag nog ‘n  nuwe drywer – Rochan  van Goodwood used motor Spares met sy mooi nuwe BMW in die 6 silinder klas en die wedrenne beloof om baie aksie te wees.

Hekke open 10H00 en wedrenne begin 17H00. Toegang is R30.00 vir Volwassenes en Kinders onder 12 – R10.00. Kom vroeg om staanplek te kry.

Daar is kosstalletjies beskikbaar, maar u is welkom om ‘n vuurtjie te maak en ‘n vleisie te braai langs die baan.

Bredasdorp Motorklub

Saterdag 28 Januarie 2012. Dit is die middelste wedren van die seisoen wat in Mei ten einde loop en die eerste wedrenne van die jaar op die P&B Ovaalbaan op Bredasdorp. Hekke open reeds om 10h00 en oefeninge skop af om  02h00. Soms is dit net so skouspelagtig soos die renne self. Die wedrenne begin om 17h00. Toegang is ‘n bekostigbare R30.00 per persoon en R10.00 vir kinders onder 10 jr. Soos gewoonlik sal daar weer kos stalletjies en ‘n kontant kroeg wees.  En moenie die braai toerusting vergeet nie. Ons hoop om ‘n paar karre van ander klubs te kry. Dit maak altyd die kompetisie soveel interessanter.

Die byeenkoms Desember het meer as 2000 toekouers gelok en was ‘n reuse sukses.Daar word al klaar weer beplan vir die volgende groot gebeurtenis en ons sal julle op hoogte hou van nuwe planne.Hou maar die koerant dop.

Die Gansbaai span sal weer in volle sterkte te sien wees. Die karre is weer reg gemaak na die strawwe wedrenne in Desember en al die probleme is hopelik iets van die verlede.Die manne sal graag wil verbeter op die uitslae van vorige kompetisie en nog meer trofees hierdie kant toe bring. Ons vaar eintlik uitstekend, in ag genome die getal Gansbaai deelnemers teenoor die getal trofees wat hiernatoe kom.

Michael Schroder sal ook hierdie slag weer deelneem in ‘n splinter nuwe Datsun SSS 1660 nadat hy die vorige wedren weens werk verpligtinge nie kon deelneem nie.Jacques van Lill is op hierdie stadium heel gerieflik in die 2de posisie in die 1660 ‘s maar kan nie laat slap le nie. Dinge verander baie vinnig in motorsport. Albert Scholtz is ook aan die kar bou vir die Motorcar Klas en ek het gehoor daar is moontlik ook ‘n kar wat besig is om vorm aan te neem daar in die Industriele Gebied.

Hopelik het Albertus Hanekom die Gansbaai Scrap Metal Nissan Skyline se groeipyne onder beheer en sal ons kan sien wat hy teen veral die manne van Goodwood Used Spares uitrig. Die 6 silinders is ‘n baie kompeterende klas en hy sal werklik hard moet werk om ‘n plek te kry.Hein Goedde is ook ‘n man wat  alles sal moet uithaal om sy



1ste posisie in die FWD klas te behou nadat hy in Desember  taamlik teenspoed gehad het. Lourens Swart vaar ook al hoe beter .Hy is ‘n goeie bestuurder en begin nou sy VW Golf reg verstaan nadat hy die vorige seisoen in ‘n agterwiel aangedrewe Nissan Skyline deelgeneem het.


In die Motorcar Klas is daar kompetisie tussen JP Eksteen se Groen Fordjie en die Bookers met die Datsun Stanza’s. JP geniet homself in hierdie klas wat minder stresvol is as die 1660’s waar hy voorheen deelgeneem het. Die Escort loop elke byeenkoms beter en ons hou hom dop.

Naude Stoltz van Belmont Cash & Carry sukkel ook nog om sy VW Golf heeltemal reg te kry. Hy het weer probleme gehad en kon nie al sy wedrenne voltooi nie. Hou maar moed….iewers sal alles regkom!!

Ons nooi almal uit om te kom kyk hoe die Gansbaaiers hierdie slag op Bredasdorp vaar. Ek weet julle sal nie teleur gestel word nie. Ons bedank almal wat die Motorklub ondersteun. Sonder toeskouers sal hierdie sport tot niet gaan.Ook dankie aan almal wat die motors op een of ander manier borg. Dis ‘n duur speletjie en elke bydrae word opreg waardeer. Vir meer besonderhede kontak Harry Booker by 0845164954 of Michelle by The Crazee Shop (0283840185. Mense wat belang stel om ook te begin deelneem, is baie welkom om te kom inloer .Kom maak eers seker van die reels voordat jy ‘n motor begin bou!  Besoek gerus www.bredasdorpmotorklub.com  waar die punte ook beskikbaar is of sluit aan by die Facebook Groep: Bredasdorp Motorklub . Ons het tans 754 lede en mik vir 1000.

Ek wil ook die mense by Gansbaai Courant bedank vir volgehoue dekking van gebeure in die klub. Ook aan Christo Oosthuisen van Alba Motors wat ons advertensie banier vertoon. So ook elke besigheid wat ons toelaat om ‘n advertensie in die venster te sit. Julle dra ‘n groot deel by tot  ons sukses. Ook bedank ons Hugh-Daniel Grobler vir die foto’s wat hy goedgunstelik  verskaf.

Harry Booker