NUUS‎ > ‎

17 September

posted Dec 19, 2011 10:44 AM by Okkie van Breda
VERSLAG: WEDREN 1

Wat ‘n opwindende dag was dit nie Saterdag 17 September 2011 nie!!!

Die begin van die nuwe seisoen en nuwe opwinding.

Ongelukkig het daar heelwat karre uitgeval wat gebreek het, maar kan hopelik weer reggemaak word. Die enigste kar wat onherstelbaar is, is die gewilde Jannie Naude se oranje Mini. Jannie het in die “finals sy karretjie afgeskryf toe hy in die muur in is saam met Andre du Toit, wat gelukkig nie groot skade gehad het nie.

Ruan van der Walt, wat nou geborg word deur Goodwood Used Motor Spares, se Golfie het goed geloop in die 1 ste hit, maar sy kar het top gasket geblaas nadat hy in die 2 de hit afgetrek het toe die kar warm geword het. Kosie Weyers het sy karretjie weer reggemaak en hopelik gaan al die probleme nou uitgesorteer wees en gaan hy lekker ry.

Dirkie Vermeulen met sy Blou Mazda het in die rwd klas weer sy “comeback” gemaak en sommer ook die wedren gewen vir die aand. Melt Carstens en Louis Groenewald het ook ‘n ongelukkie gehad. Melt kon verder deelneem, maar Louis se kar het skade gehad en kon nie verder deelneem nie.

Sarieska Kellerman het Daniel de Kock se kar gekoop, maar het nie deelgeneem nie, omdat haar Pa ‘n ongelukkie gehad het by die werk en nog nie voldoende herstel het nie. Hopelik sien ons haar met die volgende wedren op 29 Oktober 2011.

Gerrie Maritz in die 1660 klas se kar het ook met die muur kennis gemaak en toe sommer aan die brand geraak. Gelukkig was die brandweermanne gou daar en kon die vuur geblus word. Gerrie kon die probleme regmaak en kon verder deelneem.

Eddie Lubbe wat eers in die Hotrod klas gery en baie jare gesukkel het met sy Mazda, ry ook nou in die 2.1 klas en lyk of sy probleme nou uitgesorteer is nadat hy Saterdag al die wedrenne voltooi het. Stippie se Ford het goed geloop nadat hy die laaste wedren van die seisoen ratkas probleme gehad het. Tertius de Kock is kort op sy hakke en Lance Churchman het 3 de geeindig.

Die gewilde 6 silinder klas het met 12 karre begin, maar daar het ook ‘n paar karre uitgeval wat probleme gehad het. Rodney Esterhuizen se Ford Sierra het skoonskip gemaak met Rasta se Ford Cortina, maar kon nog nie by Jacobus Thiart se BMW kom nie. Nico Smit met sy Blou BMW het ook goed bygehou nadat hy ‘n sterker enjin ingesit het.  Louis Jordaan se Rooi BMW was ook in die voorste bondel en dinge kan dalk nog verander met verloop van die seisoen.

Hoekom Marco Lambrechts sy 1660 Golf wil verkoop sal geen mens verstaan nie. Marco het elke hit gewen en ver voor sy oponente 1 ste geeindig. Ek weet nou nie of dit ‘n vinnige Golf is nie en of dit ‘n slim drywer is nie. Al wat ek weet is dat hy en sy Golf ‘n “mean Team” is.

Boeta van Wyk het nog skade gehad nadat sy enjin ook gebreek het. Tessa Vermeulen, wat JP Eksteen se oranje Golf gekoop het, het ‘n paar onderdele op die baan verloor nadat haar Golf se enjin opgepak het. Die ongeluk tref haar in die laaste tyd baie en ek hoop dat sy in die toekoms haar plek sal kan volstaan in haar klas.

Marius Terblanche het met sy nuwe Chev V8 deelgeneem en het goed gedoen vir die 1 ste keer wat die kar geloop het. Hy moet nou eers gewoond raak aan die baie krag van die V8 nadat hy in die 6 silinder klas deelgeneem het met ‘n Ford Sierra. Ek glo as hy eers gewoond is aan die kar, gaan hy sterk kompetisie wees vir die ander V8’s.

Marietjie Rix