
BREDASDORP MOTORKLUB 17 Desember Byeenkoms Op 17 Desember het ons die grootste en suksesvolste byeenkoms nog op die P&B Ovaalbaan op Bredasdorp aangebied. Meer as 2000 toeskouers het dit bygewoon en die grootste aantrekkings krag was die wyd adverteerde “Bangers”. Ongeveer 25 motors het deelgeneem in 2 heats. En in die Finale was die laaste motor wat nog op eie stoom kon voort beweeg die wenner. En die eer het gegaan aan Werner Visser van Bredasdorp met sy pink Toyota Cressida. Teen daardie tyd het die hele baan soos ‘n oorlogs toneel gelyk met wrakke oral. Beslis die grootste ongeluk wat ek in my lewe aanskou het !!!Twee drywers is beseer, maar na ‘n paar pleisters en pynpille, was hulle beide die volgende dag weer aan die gang……alhoewel hulle heelwat stadiger beweeg het !! Sommigedrywers het van so ver as Brttanje en New Zeeland gekom. Die gewone wedrenne was ook, soos gewoonlik opwindend. Daar is hard kompeteer en ‘n hele paar manne het met die muur en mekaar kontak gemaak. Gemoedere het soms bietjie hoog geloop in die kuipe, maar die konflik is beheer en die manne en vroue het sportmangees betoon en geskille is op ‘n goeie manier uitgestryk. Die Gansbaai manne het hulle weereens goed van hulle taak gekwyt. Albertus Hanekom (Gansbaai Scrap Metal) se Nissan Skyline het ‘n hele paar probleme gegee en hy het nou genoeg tyd om al die groeipyne uit te sorter sodat hy die volgende byeenkoms alles kan uithaal. | Jacques van Lil het te midde van strawwe kompetisie van onder meer Kaapse drywers nogtans daarin geslaag om ‘n 4de plek te behaal. Hy is tans 2de in sy klas, maar sal moet baklei vir sy posisie Hein Goedde (Gansbaai Aircon) het ook heelwat probleme ondervind en onder andere ‘n voorwiel verloor en kon net ‘n 5de plek behaal. Hy het nogtans met ‘n trofee huis toe gekom. Hein behou egter sy posisie as voorloper in sy klas. Weens ‘n misverstand moes Lourens Swart (VW Golf) elke keer heel agter wegtrek, maar hy kon met goeie bestuurstyl daarin slaag om die trofee vir die 2de plek Gansbaai toe te bring . In die Motorcar klas het Gansbaai oorheers en JP Eksteen se groen Fordjie ( wat nog 2 maande gelede in Gansbaai se strate rond gery het) het die eerste plek gevat. Eric Booker (Datsun) was 2de en Harry Booker(Datsun) was 3de Ons wil almal bedank wat gehelp het om die byeenkoms ‘n groot sukses te maak. En GROOT dankie aan elke toeskouer wat van Gansbaai gekom het om ons te ondersteun….en daar was baie van hulle. Dit spoor die drywers aan, want jy wil mos nie naam weggooi voor jou eie mense nie !!! Die volgende byeenkoms is op 28 Januarie 2012 en die tyd sal later bekend gemaak word.Vir navrae, kontak Harry Booker (0845164954) of Michelle by The Crazee Shop (0283840185) Jy kan ook www.bredasdorpmotorklub.com besoek of die Facebook Groep Bredasorp Motorklub. Harry Booker |