NUUS‎ > ‎

15 September 2011

posted Dec 19, 2011 10:38 AM by Okkie van Breda   [ updated Dec 19, 2011 10:43 AM ]

OVAALBAAN NUUS
Nuwe lede, nuwe karre, nuwe seisoen en 'n paar verrassings. 
Dit lyk of die seisoen baie opwindend en interessant gaan wees.

Aan die begin van elke nuwe seisoen is daar altyd ‘n paar nuwe verrassings ook.

Ons verwelkom nuwe lede in ons klub wat reeds aangesluit het.

In die fwd klas verwelkom ons vir Rowan Minords met sy nuwe Golfie, wat eers aan Carlien Swart behoort het. Rowan het nog nooit voorheen aan Ovaalbaan wedrenne deelgeneem nie, en ons hoop dat hy dit baie gaan geniet hier in Bredasdorp.

Gideon Greef van Goodwood Used Motor Spares kom ook deelneem met sy nuwe GWD skyline in die 6 silinder klas. Gideon het al verskeie kere deelgeneem en het al reeds bietjie ondervinding opgedoen. Ons glo dat hy nou met sy eie kar die wedrenne gaan geniet

Ek het ‘n voeltjie hoor fluit dat die groot baas van GWD, Martin Weyers, ook kom deelneem vanjaar met ‘n vinnige BMW. Nou sal die“ laities “ moet rondkyk as die baas saamry.

Gepraat van Goodwood Used. Kosie Weyers van GWD borg hierdie seisoen vir Ruan van der Walt met sy FWD Golf. Ruan het die afgelope naweek by CHD gaan deelneem om die karretjie te toets en sy probleme uit te sorteer. Maar hopelik is alles nou reg en kan hy sy plek volstaan in sy klas.

Andre du Toit wat voorheen in die 2.1 klas deelgeneem het, het nou Mark Harris se Groen Golfie, wat in die FWD klas deelgeneem het gekoop. Die Golfie is ook gewas en gestryk en lyk nou baie mooi.

Albert Scholtz, wat voorheen in die RWD klas deelgeneem het, het glo Lourens Swart se Nissan Skyline gekoop en gaan nou in die 6 silinder klas deelneem. Lourens gaan weer in die Fwd klas deelneem met sy seun , Bennie Swart se Golf.

Nog nuwe drywers in die 6 Silinder klas is Peter Damster met Bernard du Toit se BMW met die Skyline Motor en Nico Smit met Bernhard Rix se ou BMW.

Die kar het ook ‘n sterker motor in en gaan redelik kompeterend wees.

Jacobus Thiart wat verlede seisoen in die V8 klas deelgeneem het met sy BMW, gaan hierdie seisoen in die 6 Silender klas deelneem.

Louis Jordaan maak ook hierdie seisoen ‘n “comeback” met sy BMW, en hierdie seisoen is dit BMW, Nissan en Ford wat gaan meeding in die 6 silinder klas. Dit is ‘n wen resep vir baie aksie in die uiters gewilde klas.

In die 2.1 klas is daar ook ‘n paar verrassings. Lance Churchman se geel karretjie is ook nou herstel nadat sy kar se hele sy verlede seisoen afgery is. Lance se karretjie is nou wit en nog net so kookwater soos altyd.

Tertius de Kock, die kampioen van verlede seisoen se karretjie het ook ‘n nuwe

baadjie aan, maar hy was baie geheimsinnig en wou nie sy kar vir ons wys nie.

Henry Stipp het met die oefen dag sy kar kom toets nadat hy ratkas probleme gekry het verlede seisoen en dit lyk of hy ook gereed is vir die nuwe seisoen.

In die 1660 klas is Boeta van Wyk ook terug met sy Golfie nadat hy en Gert Hattingh ‘n ongelukkie gehad het, en Gert se kar afgeskryf is.

Wernand Vermeulen het JP Eksteen se kar gekoop en gaan hierdie seisoen in die 1660 klas deelneem.

Gert Hattingh gaan hierdie jaar in die RWD klas deelneem omdat sy nuwe kar nog nie klaar is nie.

Marius Terblanche wat in die 6 Silinder klas deelgeneem het met sy geel Ford Sierra, gaan hierdie seisoen in die V8 klas deelneem nadat hy vir hom ook ‘n Chev V8 aangsskaf het

Derick Taljaard het ook ‘n bietjie gekrap en geskaaf aan sy kar en het ook voorkoms veranderinge aangebring.

Mag almal hierdie seisoen dit baie geniet en mag die beste kar wen.

Marietjie Rix


VOORWOORD: BREDASDORP MOTORKLUB 2011-12

Baie welkom aan almal hier teenwoordig met die eerste wedren van die nuwe seisoen.

Ons het vir hierdie seisoen ‘n paar nuwe karre bygekry, daar is heelwat karre wat nuwe baadjies aangetrek het en ‘n paar wat ook nuwe harte gekry het en ons glo dat daar nog gaan bykom. Ons hoop dat u as drywer en as toeskouer hierdie seisoen gaan geniet. Dit is mos waarvoor ons die sport beoefen en ondersteun.

PRICE CLUB borg die RWD vir die hele seisoen en ons bedank Mark Minords vir sy bydrae tot die klub en al sy bydraes tot dusver. Price Club het aan die einde van verlede seisoen al reeds ingeklim en ons baie goed ondersteun.

GOODWOOD USED MOTOR SPARES & ENGINE IMPORTERS borg ook weer die seisoen die 6 silinders en daar het ook ‘n paar karre bygekom.

Baie dankie aan Martin Weyers en Roschan vir julle ondersteuning in ons klub.

MISS A RACING RAISINS se Amanda gaan hierdie seisoen ook weer die v8 klas borg en ons bedank haar ook vir haar bydrae.

SP DIESELTECH -PAARL borg hierdie seisoen die RWD klas en ons wil hulle ook hartlik bedank vir hulle bydrae.

PLATINUM CRANES borg vandag se wedren in die 2.1 klas en ons hoor dit is Tertius de Kock se Tannie. Sy kom spesiaal vandag om hom te kom ondersteun.

Indien u hierdie seisoen ‘n klas wil borg, kan u met die kommitee skakel. Ondersteun ons kos stalletjies in die klubhuis en agter die kommetaar hokkie. En moet asseblief nie rommel strooi nie. Mag God ons vandag almal bewaar en ry veilig huis toe.

Derick Taljaard
VOORSITTER BREDASDORP MOTORKLUB