KLUBNUUS Saterdag 17 Desember 2011 bied Bredasdorp Motorklub in samewerking met Bredasdorp Midas en Goodwood used motor Spares,wedrenne aan op die P&B Kalkwerke baan. Die Midas gedenk wedrenne word aangebied om 2 van ons drywers wat oorlede is te gedenk. Die BANGER WORLD CUP 2011 word net hier in Bredasdorp aangebied en sal nerens in die land te sien wees nie. In 2006 was die Bangers in Worcester aangebied en het Paul Isles van Kaapstad die kampioenskap gewen. Van NEW ZEALAND af ingevlieg het ons vir Neill Wilkie en David Baartman, Van ENGELAND – Terry Norris en Robert George en van ZIMBABWE - Michael Ruddo. Nog ‘n gunsteling wat baie aandag trek hier by ons is Eddie Rasta, wat ook gaan deelneem in die Bangers. Van ons eie drywers is Derick Taljaard, Nico Smit, Werner Visser, Johan Els en vele meer. Met ons wedrenne kry ons ‘n besoeker vanaf Vereniging. Johnny Mills gaan deelneem in die 2.1 klas en nog ‘n paar drywers van Tygerberg Raceway kom ook deelneem. Daar is ook ‘n paar HOT RODS wat kom deelneem. Ons kry ‘n paar V8 manne soos Les Blake wat ons kom besoek. Die V8 klas is vir die toeskouers altyd die hoogte punt. Eddie Rasta gaan weer met sy Big Six Cortina vir ons kom “Drift” en mense wat hom nog nie gesien het nie, moet hom kom beleef. Ons kry nog ‘n paar besoekers vanaf Worcester wat kom deelneem aan ons wedrenne en beloof om baie aksie en vermaak te verskaf. Hekke open reeds om 8H00 en die wedrenne begin om 15H00. Toegang is R50 per volwassenes en R10 vir kinders onder 12. Kom vroeg om plek te kry, want ons verwag toeskouers soos nog nooit tevore hier in Bredasdorp nie. |