posted Feb 22, 2012 5:11 AM by Okkie van Breda
[
updated Feb 22, 2012 5:29 AM
]
Saterdag, 25 Februarie om 1700 is die volgende byeenkoms op die P & B Ovaalbaan op Bredasdorp. Die hekke open reeds om 1000 en hekgelde is steeds R30.00 en R10.00 vir kinders onder 12 jaar. Soos gewoonlik is daar weer kos stalletjies en ‘n kontant kroeg.
Ongelukkig is daar 4 van Gansbaai se deelnemers wat nie daar sal wees nie. Lourens Swart en Michael Schroder het werk verpligtinge en Jacques van Lill het nog nie genoegsaam herstel van sy ongeluk gedurende die brande by Stanford nie. Ons wens hom spoedige herstel toe en hoop om hom Maart weer in aksie te sien. Jacques is tans gerieflik 2de in sy klas en die feit dat hy nie kan
| deelneem nie, sal nie sy posisie beinvloed nie.
Naude Stoltz het ongelukkig in Januarie sy VW Golf teen die muur staangemaak en daar is heelwat herstelwerk wat gedoen moet word.
In die FWD klas loop Hein Goede nog voor, maar net met 4 punte. So alles sal Saterdag klopdisselboom moet verloop om sy plek te behou. Ruan van der Walt is baie vinnig en sal alles uithaal om Hein in te haal. Peter Vale, voorheen van Gansbaai is in die 3de posisie.
Intussen sukkel Albertus Hanekom van Gansbaai Scrap Metal nog steeds met die Datsun Skyline in die 6 silinder klas. Hopelik gaan dit hierdie slag beter. | In die Motorcar Klas het die Gansbaai manne uitstekend gevaar. Eric Booker,Harry Booker en JP Eksteen het weg gestap met onderskeidelik 1ste, 2de en 3de plekke nadat nie minder as 11 motors ingeskryf het.Harry is nou in die 1ste posisie met JP 3de en Eric 4de. Voorwaar ‘n prestasie vir Gansbaai.
Ons gaan Ster5dag weer ‘n dag vol aksie sien Daar is ook ‘n nuwe V8 vanaf die Noorde wat hiernatoe verhuis het. Sal interessant wees om te sien wat hy teen ons plaaslike motors gaan maak. Moenie hierdie wedrenne misloop nie. Verdere besonderhede kan verkry word op www.bredasdorpmotorklub.com en ook op die Facebook Groep Bredasdorp Motorklub |
posted Feb 1, 2012 12:57 PM by Okkie van Breda
[
updated Feb 2, 2012 11:47 PM
]
posted Jan 24, 2012 7:30 AM by Okkie van Breda
[
updated Feb 1, 2012 1:47 PM
]
Bredasdorp Motorklub
Saterdag 28 Januarie 2012. Dit is die middelste wedren van die seisoen wat in Mei ten einde loop en die eerste wedrenne van die jaar op die P&B Ovaalbaan op Bredasdorp. Hekke open reeds om 10h00 en oefeninge skop af om 02h00. Soms is dit net so skouspelagtig soos die renne self. Die wedrenne begin om 17h00. Toegang is ‘n bekostigbare R30.00 per persoon en R10.00 vir kinders onder 10 jr. Soos gewoonlik sal daar weer kos stalletjies en ‘n kontant kroeg wees. En moenie die braai toerusting vergeet nie. Ons hoop om ‘n paar karre van ander klubs te kry. Dit maak altyd die kompetisie soveel interessanter.
Die byeenkoms Desember het meer as 2000 toekouers gelok en was ‘n reuse sukses.Daar word al klaar weer beplan vir die volgende groot gebeurtenis en ons sal julle op hoogte hou van nuwe planne.Hou maar die koerant dop.
Die Gansbaai span sal weer in volle sterkte te sien wees. Die karre is weer reg gemaak na die strawwe wedrenne in Desember en al die probleme is hopelik iets van die verlede.Die manne sal graag wil verbeter op die uitslae van vorige kompetisie en nog meer trofees hierdie kant toe bring. Ons vaar eintlik uitstekend, in ag genome die getal Gansbaai deelnemers teenoor die getal trofees wat hiernatoe kom.
Michael Schroder sal ook hierdie slag weer deelneem in ‘n splinter nuwe Datsun SSS 1660 nadat hy die vorige wedren weens werk verpligtinge nie kon deelneem nie.Jacques van Lill is op hierdie stadium heel gerieflik in die 2de posisie in die 1660 ‘s maar kan nie laat slap le nie. Dinge verander baie vinnig in motorsport. Albert Scholtz is ook aan die kar bou vir die Motorcar Klas en ek het gehoor daar is moontlik ook ‘n kar wat besig is om vorm aan te neem daar in die Industriele Gebied.
Hopelik het Albertus Hanekom die Gansbaai Scrap Metal Nissan Skyline se groeipyne onder beheer en sal ons kan sien wat hy teen veral die manne van Goodwood Used Spares uitrig. Die 6 silinders is ‘n baie kompeterende klas en hy sal werklik hard moet werk om ‘n plek te kry.Hein Goedde is ook ‘n man wat alles sal moet uithaal om sy
|
1ste posisie in die FWD klas te behou nadat hy in Desember taamlik teenspoed gehad het. Lourens Swart vaar ook al hoe beter .Hy is ‘n goeie bestuurder en begin nou sy VW Golf reg verstaan nadat hy die vorige seisoen in ‘n agterwiel aangedrewe Nissan Skyline deelgeneem het.
In die Motorcar Klas is daar kompetisie tussen JP Eksteen se Groen Fordjie en die Bookers met die Datsun Stanza’s. JP geniet homself in hierdie klas wat minder stresvol is as die 1660’s waar hy voorheen deelgeneem het. Die Escort loop elke byeenkoms beter en ons hou hom dop.
Naude Stoltz van Belmont Cash & Carry sukkel ook nog om sy VW Golf heeltemal reg te kry. Hy het weer probleme gehad en kon nie al sy wedrenne voltooi nie. Hou maar moed….iewers sal alles regkom!!
Ons nooi almal uit om te kom kyk hoe die Gansbaaiers hierdie slag op Bredasdorp vaar. Ek weet julle sal nie teleur gestel word nie. Ons bedank almal wat die Motorklub ondersteun. Sonder toeskouers sal hierdie sport tot niet gaan.Ook dankie aan almal wat die motors op een of ander manier borg. Dis ‘n duur speletjie en elke bydrae word opreg waardeer. Vir meer besonderhede kontak Harry Booker by 0845164954 of Michelle by The Crazee Shop (0283840185. Mense wat belang stel om ook te begin deelneem, is baie welkom om te kom inloer .Kom maak eers seker van die reels voordat jy ‘n motor begin bou! Besoek gerus www.bredasdorpmotorklub.com waar die punte ook beskikbaar is of sluit aan by die Facebook Groep: Bredasdorp Motorklub . Ons het tans 754 lede en mik vir 1000.
Ek wil ook die mense by Gansbaai Courant bedank vir volgehoue dekking van gebeure in die klub. Ook aan Christo Oosthuisen van Alba Motors wat ons advertensie banier vertoon. So ook elke besigheid wat ons toelaat om ‘n advertensie in die venster te sit. Julle dra ‘n groot deel by tot ons sukses. Ook bedank ons Hugh-Daniel Grobler vir die foto’s wat hy goedgunstelik verskaf.
Harry Booker
|
posted Jan 18, 2012 11:21 PM by Okkie van Breda
[
updated Feb 1, 2012 1:43 PM
]
posted Jan 2, 2012 1:35 AM by Okkie van Breda
[
updated Feb 1, 2012 1:42 PM
]
BREDASDORP MOTORKLUB 17 Desember Byeenkoms
Op 17 Desember het ons die grootste en suksesvolste byeenkoms nog op die P&B Ovaalbaan op Bredasdorp aangebied. Meer as 2000 toeskouers het dit bygewoon en die grootste aantrekkings krag was die wyd adverteerde “Bangers”. Ongeveer 25 motors het deelgeneem in 2 heats. En in die Finale was die laaste motor wat nog op eie stoom kon voort beweeg die wenner. En die eer het gegaan aan Werner Visser van Bredasdorp met sy pink Toyota Cressida. Teen daardie tyd het die hele baan soos ‘n oorlogs toneel gelyk met wrakke oral. Beslis die grootste ongeluk wat ek in my lewe aanskou het !!!Twee drywers is beseer, maar na ‘n paar pleisters en pynpille, was hulle beide die volgende dag weer aan die gang……alhoewel hulle heelwat stadiger beweeg het !! Sommigedrywers het van so ver as Brttanje en New Zeeland gekom.
Die gewone wedrenne was ook, soos gewoonlik opwindend. Daar is hard kompeteer en ‘n hele paar manne het met die muur en mekaar kontak gemaak. Gemoedere het soms bietjie hoog geloop in die kuipe, maar die konflik is beheer en die manne en vroue het sportmangees betoon en geskille is op ‘n goeie manier uitgestryk.
Die Gansbaai manne het hulle weereens goed van hulle taak gekwyt. Albertus Hanekom (Gansbaai Scrap Metal) se Nissan Skyline het ‘n hele paar probleme gegee en hy het nou genoeg tyd om al die groeipyne uit te sorter sodat hy die volgende byeenkoms alles kan uithaal. | Jacques van Lil het te midde van strawwe kompetisie van onder meer Kaapse drywers nogtans daarin geslaag om ‘n 4de plek te behaal. Hy is tans 2de in sy klas, maar sal moet baklei vir sy posisie
Hein Goedde (Gansbaai Aircon) het ook heelwat probleme ondervind en onder andere ‘n voorwiel verloor en kon net ‘n 5de plek behaal. Hy het nogtans met ‘n trofee huis toe gekom. Hein behou egter sy posisie as voorloper in sy klas. Weens ‘n misverstand moes Lourens Swart (VW Golf) elke keer heel agter wegtrek, maar hy kon met goeie bestuurstyl daarin slaag om die trofee vir die 2de plek Gansbaai toe te bring .
In die Motorcar klas het Gansbaai oorheers en JP Eksteen se groen Fordjie ( wat nog 2 maande gelede in Gansbaai se strate rond gery het) het die eerste plek gevat. Eric Booker (Datsun) was 2de en Harry Booker(Datsun) was 3de
Ons wil almal bedank wat gehelp het om die byeenkoms ‘n groot sukses te maak. En GROOT dankie aan elke toeskouer wat van Gansbaai gekom het om ons te ondersteun….en daar was baie van hulle. Dit spoor die drywers aan, want jy wil mos nie naam weggooi voor jou eie mense nie !!!
Die volgende byeenkoms is op 28 Januarie 2012 en die tyd sal later bekend gemaak word.Vir navrae, kontak Harry Booker (0845164954) of Michelle by The Crazee Shop (0283840185) Jy kan ook www.bredasdorpmotorklub.com besoek of die Facebook Groep Bredasorp Motorklub.
Harry Booker |
posted Dec 19, 2011 10:57 AM by Okkie van Breda
[
updated Dec 28, 2011 8:04 AM
]
KLUBNUUS
Saterdag 17 Desember 2011 bied Bredasdorp Motorklub in samewerking met Bredasdorp Midas en Goodwood used motor Spares,wedrenne aan op die P&B Kalkwerke baan. Die Midas gedenk wedrenne word aangebied om 2 van ons drywers wat oorlede is te gedenk. Die BANGER WORLD CUP 2011 word net hier in Bredasdorp aangebied en sal nerens in die land te sien wees nie. In 2006 was die Bangers in Worcester aangebied en het Paul Isles van Kaapstad die kampioenskap gewen. Van NEW ZEALAND af ingevlieg het ons vir Neill Wilkie en David Baartman, Van ENGELAND – Terry Norris en Robert George en van ZIMBABWE - Michael Ruddo. Nog ‘n gunsteling wat baie aandag trek hier by ons is Eddie Rasta, wat ook gaan deelneem in die Bangers. Van ons eie drywers is Derick Taljaard, Nico Smit, Werner Visser, Johan Els en vele meer. Met ons wedrenne kry ons ‘n besoeker vanaf Vereniging. Johnny Mills gaan deelneem in die 2.1 klas en nog ‘n paar drywers van Tygerberg Raceway kom ook deelneem. Daar is ook ‘n paar HOT RODS wat kom deelneem. Ons kry ‘n paar V8 manne soos Les Blake wat ons kom besoek. Die V8 klas is vir die toeskouers altyd die hoogte punt. Eddie Rasta gaan weer met sy Big Six Cortina vir ons kom “Drift” en mense wat hom nog nie gesien het nie, moet hom kom beleef. Ons kry nog ‘n paar besoekers vanaf Worcester wat kom deelneem aan ons wedrenne en beloof om baie aksie en vermaak te verskaf.
Hekke open reeds om 8H00 en die wedrenne begin om 15H00. Toegang is R50 per volwassenes en R10 vir kinders onder 12.
Kom vroeg om plek te kry, want ons verwag toeskouers soos nog nooit tevore hier in Bredasdorp nie. |
posted Dec 19, 2011 10:54 AM by Okkie van Breda
[
updated Dec 19, 2011 10:54 AM
]
VERSLAG: WEDREN 3 Hoe anders beskryf ‘n mens die wedren van Saterdag 19 November 2011 as “KOKEND!!!”
Die een persoon wat sy hande vol gehad het was die COC Werner Visser. Hy het rond gehardloop, geskel en gestraf, en was amper met ‘n pak slae van ‘n mielie gestraf, en teen prys uitdeling was Werner “kapoet” Net ‘n paar koue biere kon sy hartklop en senuwees tot bedaring bring. Daar was ‘n paar stoute drywers wat gestraf is en sommiges het waarskuwings gekry, maar almal is dit eens dat dit die beste wedrenne nog ooit was.
Die Motorkar klas, RWD en FWD was die opwindendste van almal. Dit was “close racing” en presies soos die toeskouers daarvan hou. Daar was gewedywer vir plekke en soms gevryf en gestoot om voor te kom. Dit is nou maar “wors” As jy nie Saterdag 19 November se wedrenne bygewoon het nie, het jy baie gemis.
Dit het begin by die Motorcar klas en ge-eindig by die 6 silinders. Die benadeeldes het oorlog verklaar teen die skuldiges en mekaar op die baan uitsorteer (of dit is hoe dit vir my gelyk het), maar dit is wat die toeskouers wil sien. Hulle wil nie wetstoepassing op wedren bane sien nie. Hulle soek aksie en die stof en stukke moet trek, dan was dit vir hulle lekker wedrenne. As die wedrenne elke rondte so vlot verloop soos altyd, raak dit vervelig vir sommige toeskouers en dan gaan hulle sommer gou huis toe.
Ongelukkig is dit die slagoffers van ongelukke op die baan se eie skade en kos dit baie geld om herstelwerk te doen, en daarom is die reels dat geen stampe en stote toelaatbaar is nie.
Ons het toe besluit wat toeskouers soek gaan ons vir hulle gee op 17 Desember 2011, wanneer Bredasdorp Motorklub sy jaarlikse Midas Gedenkwedren aanbied. BANGERS!!!! Is die antwoord op die bloeddorstige toeskouers wat wil sien hoe karre stukkend gery word. Stukke gaan waai, rook gaan trek, enjins gaan blaas en bande gaan bars en as dit nie gebeur nie, ry hulle jou kar so stukkend dat hy nie meer verder kan loop nie. Aksie op sy beste vir die eerste keer hier net in Bredasdorp. Die andrenalien gaan pomp in die are en die skares gaan skreeu van plesier (of skel van kwaad geit)
Die voeltjies fluit dat Rasta ook weer met sy big six gaan kom “Drift” om die andrenalien verder te laat ontplof in die are. Rasta is al ‘n Icon hier in Bredasdorp en is een van die gewildste ovaalbaan drywers wat seker nog ooit in Bredasdorp gery het. Verseker gaan die rook trek en gaan die bande bars as hy so gly-gly om die baan kom. Wanneer die 6 Silinders by die kuipe hek uitkom, staan die mense wat gesit en gele het gewoonlik regop en pak die drade toe om vir hom te skree.
GOODWOOD USED MOTOR SPARES borg die BANGERS en gaan ook weer vuurwerke na die wedrenne skiet.
Kom vroeg om plek te kry en kom geniet al die aksie. Die hekke open reeds om 08H00 en die wedrenne begin 15H00.
Marietjie Rix |
posted Dec 19, 2011 10:51 AM by Okkie van Breda
BREDASDORP MOTORKLUB 2011-12
Welkom aan almal wat die 3de wedren van die seisoen gaan bywoon. Ek bedank ook graag ons Borge van die seisoen. V8 – MISS A RACING RAISINS
6 SILINDERS – GOODWOOD USED MOTOR SPARES,
2.1 – WILLEM DE KOCK MOTORS,
1660 – QUANTUM COACHWORKS, HERMANUS,
FWD - PRICE CLUB,
RWD – SP DIESELTECH – PAARL. Soos u seker al verneem het, gaan ons Desember Wedrenne wat geborg word deurBREDASDORP MIDAS op 17 Desember 2011 een van die hoogte punte wees vir die seisoen. Ons beplan om 30 Banger karre hier te kry vir daardie dag. Daar gaan ongeveer 20 karre van ander lande soos ENGELAND, AUSTRALIE, NEW ZEELAND EN ZIMBABWE hier by ons wees vir die BANGER WORLD CUP 2011. Die Bangers word geborg deurGOODWOOD USED MOTOR SPARES, en gaan net in Bredasdorp plaasvind. Vir die mense wat nog nie weet wat Bangers is nie, daar gaan gestamp en gestoot word om voor te kom. In die ou dae het hulle dit stampkarre genoem. Sorg dat julle vroeg al hier is om plek te kry om te sit, aangesien ons baie toeskouers verwag. Die hekke open reeds om 08H00 en wedrenne begin om 15H00. Daar gaan ook verskeie kosstalletjies wees. Ons sien uit daarna om u hier te sien. Mag almal vandag se wedrenne geniet en ry veilig huis toe. Derick Taljaard VOORSITTER BREDASDORP MOTORKLUB |
posted Dec 19, 2011 10:46 AM by Okkie van Breda
[
updated Dec 19, 2011 10:47 AM
]
VERSLAG: WEDREN 2 Saterdag 29 Oktober 2011 was dit weereens wedrenne uit die boonste rakke. Al die klasse was ordelik en niemand het mekaar gestamp nie. So hier en daar bietjie gevryf, maar dit is deel van racing. Die toeskouers het die wedrenne geniet met die goeie getal karre wat kom deelneem het. Ons bedank graag die borge van die onderskeie klasse.
6 SILINDERS – GOODWOOD USED MOTOR SPARES Die toeskouers het vir Eddie Rasta gemis in die gewilde 6 silinder klas. Eddie se enjin het blykbaar opgepak, maar ons glo dat hy gou gaan plan maak. Rodney Esterhuizen en Rasta was gelyk met punte, maar Rasta het nou bietjie agter geraak. Ons sal graag wil sien wat hy gaan maak as sy kar reg is. Jacobus Thiart en Rodney Esterhuizen is tans gelyk met punte en is altwee in die 1ste plek. Nico Smit het ook goed bygehou by die voorste manne en is tans 2de met punte. Eddie Rasta is 3de en het baie om in te haal. Die punte in die gewilde 6 silinder klas raak nou interessant en ons moet maak kyk wat gebeur tussen Jacobus en Rodney. Die spanning loop altyd hoog as 2 drywers gelyk is met punte.
V8 – MISS A RACING RAISINS Danie Sandenberg met sy swart V8 het ook probleme gekry en kon nie deelneem nie, nadat sy drive shaft gebreek het. Ons hoop om hom die volgende wedren weer hier te sien deelneem, want ons het hom gemis. Derick Taljaard het self ook 2 heats nie gery nie, aangesien sy raamwerk gebreek het. Hy het gou-gou die kar opgelaai en by die werkswinkel gaan vas sweis en was gou terug om die 4de heat en die finals te kan ry. Marius Terblanche kom blykbaar ook nou reg met sy nuwe V8, want hy ry elke wedren beter. Moet nogal ‘n aanpassing wees van 3L na V8. Duane Rademeyer kom ook lekker reg met sy V8 en die kompetisie is sterk in die V8 klas, aangesien hulle almal met Chev V8 enjins ry.
2.1 – WILLEM DE KOCK MOTORS Ons verwelkom ‘n nuwe drywer in die 2.1 klas. Rudi Viljoen kom van Worcester en het by ons klub aangesluit. Hy het nie sleg gedoen vir die 1ste keer op ons baan nie. Hy het wel probleme gekry met sy enjin. Rudi, baie welkom en ons hoop jy gaan lekker ry hier by ons. Henry Stipp het weer skoonskip gemaak met die 2.1 klas met sy B&M Ford Fiesta. Lance Churchman was in die 2de plek en ek het gehoor dat sy motor met net 3 silinders gery het. Tertius de Kock is tans 3de en hou ook goed by die voorste karre. Tertius se ouers is ook die borg vir die seisoen vir die 2.1 klas.
1660 - QUANTUM COACHWORKS, HERMANUS Johan Rossouw verras almal met sy Ford Fiesta in die 1660 klas. Hy het hierdie seisoen vir die eerste keer begin ry en is al klaar 1ste in sy klas, nadat hulle die vorige seisoen baie probleme gehad het met die kar. Marco Lambrecht het nie deelgeneem nie, en is tans 3de Jacques v Lill is tans 2de . Vossie Swart het ook bietjie gesukkel in die begin, maar het toe die finals gewen. Boeta van Wyk het die wedren vir die dag gewen.
FWD – PRICE CLUB In die FWD klas het dit gekook toe Ruan van der Walt die aand gewen het. Ruan se karretjie het lekker geloop na al die probleme wat hy in die vorige wedren gehad het. Hopelik is alles nou uitgesorteer en gaan hy sonder probleme die res van die seisoen sy plek volstaan. Rowan Minord met sy Price Club Golf, het nie so goed bygehou nie, aangesien hy ratkas probleme ondervind het, maar die ratkas is reeds weggestuur om reggemaak te word en ons hoop dat hy beter gaan presteer. Hein Goede het in 2de heat vir Ruan redelik opdraande gegee toe Ruan hom nie kon verby kom nie. Hein Goede is tans 1ste en Peter Vale 2de. Andre du Toit 3de in Ruan van der Walt 4de.
RWD – SP DIESELTECH - PAARL Gert Hattingh is in die stadium 1ste in die RWD klas met sy 1400 Datsun. Dirk Vermeulen jr is tans 2 de en lyk my sy karretjie se enjin is nog styf nadat die enjin oorgedoen is. Hou hom maar dop die volgende wedren as alles los en ingeloop is. Lyk my die laities gee die ou manne maar opdraende in die verskeie klasse. Eric Booker is ook terug in die Rwd klas nadat hy die vorige wedren saam met die motorcar klas gery het. Sarieska Kellerman, wat Daniel de Kock se kar gekoop het, het nog nie kans gehad om in haar nuwe karretjie deel te neem nie. Haar kar se streering arm het gebreek terwyl haar pa die kar vir haar getoets het, en met die muur kennis gemaak het. Blykbaar is die kar herstelbaar en sal ons haar hopelik die volgende wedren sien.
KORT NOG ‘N BORG VIR DIE SEISOEN In die Motorcar klas het Douw Vermeulen die dag gewen. Douw van Scheltenga is tans 1ste met punte en Douw Vermeulen 2de. Harry Booker is 3de en het ook met die harde muur kennis gemaak JP Eksteen neem ook deesdae in die Motorkar klas nadat hy sy Golf aan Spanner Vermeulen verkoop het. JP het vir hom ‘n Ford Escort aangeskaf en word glo die “Groen Mamba “ genoem. Ons hoop dat hy nou meer geluk met die Ford gaan hê as met die Golf, en dat hy dit gaan geniet in die klas.
INDIEN U BELANGSTEL OM HIERDIE KLAS TE BORG, KAN U MET DIE KOMMITEE SKAKEL. DIE KOSTE IS NET R400 PER WEDREN.
Marietjie Rix |
posted Dec 19, 2011 10:44 AM by Okkie van Breda
VERSLAG: WEDREN 1
Wat ‘n opwindende dag was dit nie Saterdag 17 September 2011 nie!!!
Die begin van die nuwe seisoen en nuwe opwinding.
Ongelukkig het daar heelwat karre uitgeval wat gebreek het, maar kan hopelik weer reggemaak word. Die enigste kar wat onherstelbaar is, is die gewilde Jannie Naude se oranje Mini. Jannie het in die “finals sy karretjie afgeskryf toe hy in die muur in is saam met Andre du Toit, wat gelukkig nie groot skade gehad het nie.
Ruan van der Walt, wat nou geborg word deur Goodwood Used Motor Spares, se Golfie het goed geloop in die 1 ste hit, maar sy kar het top gasket geblaas nadat hy in die 2 de hit afgetrek het toe die kar warm geword het. Kosie Weyers het sy karretjie weer reggemaak en hopelik gaan al die probleme nou uitgesorteer wees en gaan hy lekker ry.
Dirkie Vermeulen met sy Blou Mazda het in die rwd klas weer sy “comeback” gemaak en sommer ook die wedren gewen vir die aand. Melt Carstens en Louis Groenewald het ook ‘n ongelukkie gehad. Melt kon verder deelneem, maar Louis se kar het skade gehad en kon nie verder deelneem nie.
Sarieska Kellerman het Daniel de Kock se kar gekoop, maar het nie deelgeneem nie, omdat haar Pa ‘n ongelukkie gehad het by die werk en nog nie voldoende herstel het nie. Hopelik sien ons haar met die volgende wedren op 29 Oktober 2011.
Gerrie Maritz in die 1660 klas se kar het ook met die muur kennis gemaak en toe sommer aan die brand geraak. Gelukkig was die brandweermanne gou daar en kon die vuur geblus word. Gerrie kon die probleme regmaak en kon verder deelneem.
Eddie Lubbe wat eers in die Hotrod klas gery en baie jare gesukkel het met sy Mazda, ry ook nou in die 2.1 klas en lyk of sy probleme nou uitgesorteer is nadat hy Saterdag al die wedrenne voltooi het. Stippie se Ford het goed geloop nadat hy die laaste wedren van die seisoen ratkas probleme gehad het. Tertius de Kock is kort op sy hakke en Lance Churchman het 3 de geeindig.
Die gewilde 6 silinder klas het met 12 karre begin, maar daar het ook ‘n paar karre uitgeval wat probleme gehad het. Rodney Esterhuizen se Ford Sierra het skoonskip gemaak met Rasta se Ford Cortina, maar kon nog nie by Jacobus Thiart se BMW kom nie. Nico Smit met sy Blou BMW het ook goed bygehou nadat hy ‘n sterker enjin ingesit het. Louis Jordaan se Rooi BMW was ook in die voorste bondel en dinge kan dalk nog verander met verloop van die seisoen.
Hoekom Marco Lambrechts sy 1660 Golf wil verkoop sal geen mens verstaan nie. Marco het elke hit gewen en ver voor sy oponente 1 ste geeindig. Ek weet nou nie of dit ‘n vinnige Golf is nie en of dit ‘n slim drywer is nie. Al wat ek weet is dat hy en sy Golf ‘n “mean Team” is.
Boeta van Wyk het nog skade gehad nadat sy enjin ook gebreek het. Tessa Vermeulen, wat JP Eksteen se oranje Golf gekoop het, het ‘n paar onderdele op die baan verloor nadat haar Golf se enjin opgepak het. Die ongeluk tref haar in die laaste tyd baie en ek hoop dat sy in die toekoms haar plek sal kan volstaan in haar klas.
Marius Terblanche het met sy nuwe Chev V8 deelgeneem en het goed gedoen vir die 1 ste keer wat die kar geloop het. Hy moet nou eers gewoond raak aan die baie krag van die V8 nadat hy in die 6 silinder klas deelgeneem het met ‘n Ford Sierra. Ek glo as hy eers gewoond is aan die kar, gaan hy sterk kompetisie wees vir die ander V8’s.
Marietjie Rix
|
|